Restitusie -eise / Huurarbeid-eise en Uitsettingsaansoeke

Verskeie eise kan teen grondeienaars ingestel word, onder andere eise met betrekking tot Restitusie van grond, of Huurarbeider dispute. AH Stander Prokureurs kan u bystaan met betrekking tot voormelde sake, asook met uitsettingsaansoeke ten opsigte van onregmatige okkupeerders. Maak seker dat u die prosesse verstaan en deurvoer ten einde u regte as eienaar te beskerm.

Skakel ons gerus indien u van ons dienste gebruik wil maak:

rs@ahslaw.co.za, 079 840 4717, 012 991 2875 (Rikus Stander)